Wednesday, November 18, 2009

Booswigte in die parodie op ys


 

Diep in die hangende woude van Babilon leef daar verskeie lewensstandaarde en vreemde baarde vol van die medemenslikheid van barbarisme, toerisme en anargisme. Sover is die storie moontlik nie van die duidelikste nie, maar in die goeie ou dae was holistiese apatie nie juis die keuse van martelaars nie. wanneer toelaat dat godslasteraars in die openbaar verbrand word, moet mens wonder of beskawing en verslawing nie dalk dieselfde ding is nie

Roger Bannister mag klink soos 'n trapreëling en was dalk nie juis die ewebeeld van tragiek nie, maar hy kon nogal die myl vinnig hardloop en het op sy dag die rekord vir die wedren gehou totdat verskeie ander mededingers dit weggesteel het en nooit weer teruggegee het. Sic transit gloria mundi en in die transito rooftogte van die psige is daar minder as niks wat meer raar of waar of bisar is nie. Nogtans is daar altyd die ongelowiges wat net belangstel in die omvang van die borde op hul etenstafels en die inhoud van die maatbekers vol lae alkohol drank wat langs hul gemakstoele staan.

Wees maar gerus, die vyand is daar buite en die binnekant van enige pedagogiese instelling is nie juis die vriend wat jou beter sal laat voel bloot omdat jou akademiese prestasies suiwer en vervullend is nie. Daar is die gevaar dat die gevaar jou gebaar sal word en dan is die gort gaar, moontlik nie meer rou nie en sonder sout gekook. Rooihuide is die oudmodiese benoeming vir voorheen agtergeblewene inheemse Noord-Amerikaners en al jag hul die bison op klein ponies is daar geen hoop vir die toekoms van hul wigwams of tepees nie, as daar ooit enigsins hoop was vir die nasate en naastes en medisyne manne wat soos mal dansers die buffel jag aanspoor en aanvuur en die ruiters aanpor om te gaan jag.

Selde of ooit is daar enigsins die diepe instink van die aarddiere om ons in te lig oor die nare waarhede waarin ons verstrengel is. En dit is nie die gaafste van voordele nie. As daar 'n prys was vir nagedagtenis en oproer, wie sou dit dan wen? Tog nie die oproeriges van die platteland nie. Dit moet veel eerder die seergemaakte hoepelbeen makietiemakers van Makapan wees. Die erfenis van ons vadere is nie ons bederfnis nie en my ma se ingemaakte vye is beter as haar ingemaakte vye. Ongenaakbaar is tog so 'n mooi woord.


 


 

Sunday, November 15, 2009

Beethoven vir beginners

Waar is daardie vark met die goue lepel?

Hy sit in die plaaslike tweedehandse motor vertoonlokaal met die dinamiet en die krediet en wag vir beter dae. Sy maatjies is daar en hulle cherries is daar en die motors is nie te kak nie, net effens uit die oude doos.

Hy is 'n ou doos.

Hy is die man met die tjops en die wors.

Hy is sommer die groot poephol van Craighall.

Anyway, hoekom soek jy hom ?

Dis nie ek nie. Dis 'n ander gentleman wat hom soek. In my geval is dit bloot 'n kwessie van navraag doen. Weet jy presies waar hy is of raai jy by benadering?

Ek het mos gesê. As jy my nie glo nie, kan jy self ry en gaan kyk. Hy's daar, hy's raar en hy's waar.

Jy beter nie met my fragile little mind fok nie, want as jy dit doen, moet jy weet en besef dat ek dit nie sal waardeer nie en as ek dit nie waardeer nie sal jy daarvan weet.

Ag, come on, pêl, wat is die waarheid tussen vriende as dit nie ietwat skuif en skeens kan wees nie. Soek die man waar hy is en jy sal nie hoef te vind nie.

Is jy op dwelms?

I wish.

Want as jy is, sal ek mooi vra om asseblief ook ietsie daarvan te toets. Net vir my nerwe. Die senukondisie is iets erg en my trigger finger jeuk tog altoos so gedaan.

My raad is dat jy ry en die man gaan kry sodat jy rus vir jou siel kan ervaar en rus vir jou moeë brein. Ek kan sien al hierdie onsekerhede skeer wesenlik gek met die psige.

Wat weet jy van psige af? As dit psychedelic was en moontlik shrooms insluit, dan is dit net so. As ek niks het om te steek nie steek ek maar 'n sigaret aan, of rol 'n nommertjie. Andersins is dit droë tye. Het jy nie tog 'n ietsie vir 'n warm bek nie?

As ek ietsie vir 'n warm bek gehad het, sou ek nou in Mellville wees by daai skrywervrou wat ek ken. Sy het 'n goeie PC en 'n beter laptop. Ons kan digterlik raak oor sit on my face book. En dan is dit bok-bok staan styf, hoe hard kan my vryf?

Nee, man, nou raak jy sommer vieslik. Daar bek kry geen jam, net seep en water.

Het jy al Beethoven se 5de gehoor?

Ek twyfel, ek haak altyd was by sy 2de en dan is dit verby met my emosies. Snot en trane. Handevol papiersakdoeke.

Roll over Beethoven is een van Chuck Berry se bekendste nommertjies.

Daar was die rolprent Beethoven oor 'n lieftallige St Bernard hond.

A Clockwork Orange is 'n onaangename rolprent al het dit die musiek van Ludwig Von meer bekend gemaak en mens dit met geweld en jong outjies in wit oorpakke, vals neuse en bolhoedens laat identifiseer.

Shostakovich is meer my koppie tee.