Wednesday, November 18, 2009

Booswigte in die parodie op ys


 

Diep in die hangende woude van Babilon leef daar verskeie lewensstandaarde en vreemde baarde vol van die medemenslikheid van barbarisme, toerisme en anargisme. Sover is die storie moontlik nie van die duidelikste nie, maar in die goeie ou dae was holistiese apatie nie juis die keuse van martelaars nie. wanneer toelaat dat godslasteraars in die openbaar verbrand word, moet mens wonder of beskawing en verslawing nie dalk dieselfde ding is nie

Roger Bannister mag klink soos 'n trapreëling en was dalk nie juis die ewebeeld van tragiek nie, maar hy kon nogal die myl vinnig hardloop en het op sy dag die rekord vir die wedren gehou totdat verskeie ander mededingers dit weggesteel het en nooit weer teruggegee het. Sic transit gloria mundi en in die transito rooftogte van die psige is daar minder as niks wat meer raar of waar of bisar is nie. Nogtans is daar altyd die ongelowiges wat net belangstel in die omvang van die borde op hul etenstafels en die inhoud van die maatbekers vol lae alkohol drank wat langs hul gemakstoele staan.

Wees maar gerus, die vyand is daar buite en die binnekant van enige pedagogiese instelling is nie juis die vriend wat jou beter sal laat voel bloot omdat jou akademiese prestasies suiwer en vervullend is nie. Daar is die gevaar dat die gevaar jou gebaar sal word en dan is die gort gaar, moontlik nie meer rou nie en sonder sout gekook. Rooihuide is die oudmodiese benoeming vir voorheen agtergeblewene inheemse Noord-Amerikaners en al jag hul die bison op klein ponies is daar geen hoop vir die toekoms van hul wigwams of tepees nie, as daar ooit enigsins hoop was vir die nasate en naastes en medisyne manne wat soos mal dansers die buffel jag aanspoor en aanvuur en die ruiters aanpor om te gaan jag.

Selde of ooit is daar enigsins die diepe instink van die aarddiere om ons in te lig oor die nare waarhede waarin ons verstrengel is. En dit is nie die gaafste van voordele nie. As daar 'n prys was vir nagedagtenis en oproer, wie sou dit dan wen? Tog nie die oproeriges van die platteland nie. Dit moet veel eerder die seergemaakte hoepelbeen makietiemakers van Makapan wees. Die erfenis van ons vadere is nie ons bederfnis nie en my ma se ingemaakte vye is beter as haar ingemaakte vye. Ongenaakbaar is tog so 'n mooi woord.


 


 

No comments: