Wednesday, November 28, 2007

Gebruikte Vere

Somtyds moet mens dinge doen wat teen die bors stuit en somtyds mag mens dinge doen wat intense plesier verskaf, al is die losprys moontlik onteenseglik te hoog. Die woordkuns is magies en bemagtigend wanneer die wêreld reg is en die brein gestimuleer word, en die woordkuns is moontlik nie altyd kuns nie, maar behoort immer interessant te wees. Verstaanbaarheid is 'n gegewe, en logika, en vermaak.

'n Huis sonder 'n moeder is bloot 'n tuiste sonder 'n ma, maar 'n taal sonder 'n skrywer is doodsonde.

No comments: